Jomari
Album nou landswyd 
beskikbaar..."

Die fyn, energieke Jomari Greyling sê sy vergryp haar soms aan die liefde vir die lewe. Daarom heet haar splinternuwe album juis My droom te leef.

 

“Hierdie album is absoluut my babatjie en dit is my sleutel om deure te gaan oopmaak. Ek is baie trots daarop.”  Die album is deur Werner Beukes, een van ons land se top vervaardigers, behartig – met splinternuwe liedjies uit die pen van: Werner Beukes, Vaughan Gardiner, Anton Botha, Etienne Steyn, Johan Vorster, Jomari en Pete en Charlie van Londen: dieselfde skrywers wat vir Mel C van Spice Girls en vir die Parlatones geskryf het. Danksy lewende orkestrasie en byderwetse verwerkings spog die album met ‘n energiek-jeugdige tienerrockklank..

“Ek en my maats het as kinders altyd konsert-konsert gespeel, ons ‘opgedress’ en dan voor die ouers gaan staan en sing. As klein dogtertjie kon ek nooit vinnig aan die slaap raak nie en het my ouers besluit om my op die sitkamerbank te gaan neerlê met oorfone op die ore en musiek aangesit. (Audrey Landers se Manuel Goodbye) is gespeel... en dit was nie lank nie... dan is Jomari vas aan die slaap!) Later het ek aan die etenstafel begin maak of ek klavier speel en daar het my ma-hulle besluit ek moet klavierles neem. Sing het ek gesing: heeldag en aldag, al kon ‘n mens nie uitmaak wat ek sê nie... Dit het my geslyp my tot wie ek vandag is.”

 

Jomari het ‘n paar jaar by ‘n in- en uitvoermaatskappy gewerk wat met

volstruisvere en –eiers sake gedoen het. Toe het sy die musiekbedryf

agter die skerms betree en waardevolle ondervinding in verskeie aspekte van die bedryf opgedoen

Waarmee is ek besig...

Site Designed and hosted by ad4 Designs www.ad4.co.za

Baie welkom by my website
Hier kan jy my dophou en n
Voorsmakie kry van wat
Als in my loopbaan gebeur..
Liefde groete
Jomari